Hennie Aucamp Collection

 

Hennie Aucamp Collection

 

Hennie Aucamp was s a well-known contemporary Afrikaans poet, short story writer and cabaretist and recipient of various Afrikaans literary and theatre awards. His collection includes original manuscripts of his work and examples of different genres of Afrikaans literature. Hendrik Christoffel Lourens (Hennie) Aucamp is op 20 Januarie 1934 op Dordrecht gebore. Hy word groot op die plaas Rust-mijn-ziel en matrikuleer aan die Hoërskool Jamestown in 1951. Aan die Universiteit Stellenbosch behaal hy die grade BA, Hons.-BA, MA (cum laude) en in 1974 die D.Ed. Aucamp studeer in 1959-1960 ook in België aan die Katholieke Universiteit van Leuven en gedurende 1979 in New York aan die Universiteit van Columbia. Sedert 1964 doseer hy Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Opvoedkunde waar hy vanaf 1983 tot en met sy uittrede in 1994 hoof van die Departement Afrikaans en sedert 1986 ook mede-professor was. Hennie skryf reeds sedert ’n baie vroeë ouderdom en van sy eerste gedigte het al in standerd twee in "Die Jongspan" verskyn. Sy eerste kortverhale is in "Die Naweek" gepubliseer en in sy matriekjaar aanvaar die Huisgenoot ’n eerste kortverhaal deur hom. Hy noem homself ’n obsessionele dagboekhouer, iets waarmee hy reeds as veertienjarige begin. In 1963 debuteer Hennie met sy eerste prosabundel, "Een somermiddag" wat gevolg word deur talle ander. Afgesien van essays, kortverhale en gedigte het hy ook sy stempel op die genres van kabaret, liriek- en liedtekste afgedruk en verskeie van sy kabarette is opgevoer.

Search

Browse

Statistics

RSS Feeds