Voelvry
View/ Open
Date
2018Author
Maarschalk, Ivana
Van der Merwe, Johlize
Date Created
2018Format Extent
1 artworkRights
This item is subject to copyright protection. Reproduction of the content, or any part of it, other than for research, academic or non-commercial use is prohibited without prior consent from the copyright holder.Copyright Stellenbosch University
Metadata
Show full item recordAbstract
Description of Artwork
Vir party mense was hy Ralph Rabie, vir ander was hy Johannes Kerkorrel, JK, Johnny, Ralph John, die Bob Dylan van Afrikaanse musiek, die politieke Rock Rebel, die gesig van die Voëlvrybeweging, die antiheld, die Afrikaanse kunstenaar wat maak dat ons nie meer skaam hoef te voel oor ons musiek nie, die gay ikoon, die introvert, die musiekterroris, of Elvis met ʼn goeie dosis Leonard Cohen daarby. Soms het hy self nie geweet wie hy is nie, maar hy het nooit ophou soek nie. Johannes Kerkorrel het dit reggekry om mense van alle ouderdomme, geslagte en rasse bymekaar te bring. Sy musiek lewer veral kommentaar op die apartheid-era en kan gesien word as ʼn uitspraak van Vryheid. Alhoewel die SAUK die meerderheid van sy liedjies verban het, het dit nie mense gekeer om daarna te luister nie. Sy musiek het mense laat besef jy kan protesteer en ruk en rol in Afrikaans. Die ses bekendste liedjies wat verban is, is “BMW”, “Sit dit af ”, “Ou Ou Lied van Afrika”, “Ossewa”, “Energie”, en “Donker Donker Land”. Hy en sy mede-Voëlvrymusikante het vir ʼn kulturele revolusie in Suid-Afrika gesorg, wat die lewe van hele generasie verander het. Alhoewel hy op 12 November 2002 ʼn tragiese dood gesterf het, lewe hy nog vir baie mense voort deur sy musiek. Johannes kan gesien word as ʼn ware musiekrebel wat ʼn groot invloed op Suid-Afrika en sy mense gehad het.
Collections
Related items
Showing items related by title, author, creator and subject.
-
Rolong homestead, after Casalis
Walton, James, 1911-1999Drawing depicting a Rolong homestead, after Casalis. -
Puntjie and Heidelberg, kapstylhuise
Walton, James, 1911-1999Photographs and drawing depicting kapstylhuise at Puntjie and Heidelberg, Cape Town. -
Ndebele vernacular architecture
Bowen, R. E. Cole (Robert Edward Cole)Photographs depicting Ndebele vernacular architecture.